Sunday, July 7, 2013

Van Vanwyksvlei tot Vryheid

Alles het hier begin, in die laat 19e eeu kom Garwood Alston al die pad van die Verenigde Koningkryk om as 'n landmeter van formaat 'n dam te bou en toe word dit 'n dorp; Vanwyksvlei.

Saam met Annien tel ons vele drade op. 2700 besoekers aan www.vanwyksvlei.org en wie loer toe daar? Miems! Klasmaatjie van 1967. 

Annien bo links en ons twee kleintjies (net standerd 4) in die middel onder. Die foto geneem presies 50 jaar gelede deur Die Burger.




Sy word 'n ontwerp en internet bemarkingsspesialis. Die storie roep om te gaan kyk en leer. Kyk net hier om jou tone te laat krul: www.stitchdelight.net  

Henk weer toor met sy hande en sy draaibanke en bou lorries! Hier is iets om saam te leer en ons vat die lang pad na Vryheid.

Retha en Tertia glo hulself nie.

Toerusting soos jy net een keer sal sien.



Gare, knope en naalde om oor te jubel.

En bo-op alles sny Miems en Johan wonder figure met laser liggies. 



Die kinders in die Kaap sal dit nie glo!


Om te groet was swaar, maar ons gaan aanhou saam leer.


En net daar af in die straat woon die grootste verassing. Ons bure van 60 jaar gelede en reeds 47 jaar praktiserende geneesheer hier. Agter kleinseun van oupa Garwood ... Cedric!  





En om af te sluit 'n melodie, perfek gerestoreer die eeue oue Vanwyksvlei kerk traporrel!